x2 A Jy stuur vir my mooi boodskappe saam met die wind En ek sien jou glimlag daagliks in elke verlore straatkind Dan pos jy 'n reenwolk om saam met my te treur In koeverte van verlange en seels gedruk in ink van seer Want jy's my engel Kom kuier by my vanaand My engel, wat tussen 'n duisend liggies baljaar Agter branders waar die son min skyn en die mense altyd do jaag My engel kom raak rustig hier langs my lyf vanaand x2 In jou ou voetspore in jou ou land Volg ek die kronkelbap van ons vriendskapsjare En alles wat jy my geleer het, al die woorde wat ons deel Moes ek vasklou aan 'n bondel liefde Om die pyn mee weg te streel Oor 'n bottomless koppie koffie Moes ek my bottomless liefde aan jou verklaar Met die woorde van 'n spyskaart Moes ek vir jou vaarwel.... vaarwel