Jy staan daar oorkant die dansvloer En ek kan sien hoe jy onderlangs vir my loer Ek knik vir jou en jy kyk skielik weg Ek weet nie wat ek nou hier voel Is ons dan vir mekaar bedoel Ek ken jou nie maar alles voel so reg Skraap moed bymekaar en stel myself dan voor Min weet jy ek het alreeds my hart op jou verloor Kom ons vat vanaand en leer mekaar dan ken Ons het niks om te verloor maar wel iets om te wen Kom ons vat vanaand en dans die heel aand deer Dans net weer en weer want ek is mal oor jou Wil jou lyf hier styf teen myne hou Jy weet nie wat jy aan my doen As ek dink hoe ek jou gaan soen My knieee raak lam ek kan skaars regop staan Net vanaand is ek buite beheer Net vanaand gaan niemand my kan keer Om my hart met jou te deel